Wat ons glo
Ons glo:
- dat die Bybel die Woord is van God;
- dat daar een God is in drie persone, Vader, Seun en Heilige Gees;
- dat ons deur God geskape is en aan Hom rekenskap moet gee;
- dat ons sondig gebore is en wel teen God sondig en Sy straf in Hel verdien;
- dat Jesus Christus gekom het om sondaars te verlos deur die skuld te dra van almal wat op Hom alleen vertrou;
- dat ons weer gebore moet word uit die Heilige Gees om tot bekering te kom en die Evangelie te glo; en
- dat ware gelowiges Hemel toe gaan.
Vir meer volledige verklarings van wat ons glo, sien die Westminster Geloofsbelydenis, die Groter en Korter Kategismusse en die Getuienis van die Gereformeerde Presbiteriaanse Kerk van Ierland.